![]() |
|
| Name of supplier: | Ethics and Leadership Institute |
| Website: | www.eli.co.za |
| “An investment in knowledge always pays the best interest “- Benjamin Franklin – 1706-1790 |
“Werk opleiding?” hoor ons mense soms vra. Met goeie rede word die vraag gevra.
Opleiding as ‘n intervensie, buite die strategiese plan van ‘n besigheid is dikwels lukraak en word gedoen omdat die besigheid die teenwoordigheidsregisters nodig het vir die akkreditasie prosesse.
Die plaas, Langlaagte, is ‘n besigheid met 60 permanente werknemers. Elke jaar doen hulle die wetlike opleiding wat vereis word. Omdat dit ‘n gemengde boerdery is, is die produksie skedule baie bedrywig en dit vereis deeglike beplanning rondom saai, dip, plant, snoei, pluk en pak.
Die besigheid het egter ‘n koste item wat verborge is tussen al die kunsmis, herstelkostes en lone. ‘n Hoë personeel omset en die seisoenale mense wat elke jaar heropgelei moet word om die oes af te haal. Die foute wat die nuwelinge in die produksie prosesse maak, eet aan die wins van die besigheid.
Dié uitdaging word in ‘n strategiese sessie geïdentifiseer as ‘n leemte in ‘n retensie strategie van alle personeel op die plaas. Die retensiestrategie begin nie by die werknemers wat elke seisoen verander nie, maar wel op bestuursvlak.
Die volgende jaar verminder die retensie van die totale werksmag van 50% op na 65% want “In hierdie besigheid kry ek opleiding wat ‘n verskil in my lewe maak!”
Tegniese asook lewensvaardighede opleiding is noodsaaklik om almal in die besigheid te help om hulle lewe, hulleself en hulle werk beter te hanteer. Wanneer opleiding die kop, hart en hande van mense raak en hulle word ondersteun in die toepassing daarvan, dit is wanneer opleiding werk!
Soos wat Dr Thomas Lickona gesê het: “Knowing the good, loving the good and doing the good, is what leadership is about.”
Opleiding wat ‘n verskil maak is wanneer mense gementor word om dit wat hulle geleer het, om te sit in doelwitte en dan terugvoer te gee wat werk en wat nie werk nie!
Elsabè Diederichs
Training and Research
